Bosveld NewsLocal NewsNews

Kies die dier wat by jou sal pas

Hier is 'n paar nuttige wenke:

MOKOPANE – Troeteldiere wat versorg en gekoester word, is nie verniet ‘n mens se beste vriend nie.

Wat is nou lekkerder om ‘n opgewonde hond by die hek te sien wat jou inwag na ‘n dag se swoeg en sweet. Dit is nie altyd maklik om te besluit watter troeteldier by ‘n mens pas nie en daarom is dit belangrik om eers vir jouself ‘n paar vrae te vra voor jy ‘n dier aanskaf.

Hier is ‘n paar nuttige wenke:

• Besluit eerstens of jy die finansies het om vir die dier te kan sorg. Net soos kinders, is troeteldiere ook ‘n finansiële uitgawe.

• Probeer om nie ‘n troeteldier te koop of aan te neem as gevolg van inspirasie of impulsiewe besluite nie. Maak dit ‘n doelbewuste, uitgedinkte aksie. Om ‘n troeteldier te koop net omdat hy oulik in die venster van ‘n troeteldierwinkel lyk, is nie ‘n goeie idee nie, want om iets te koop volgens begeerte is soms nie wat jy ‘n behoefte aan het nie.

• Besluit watter dier by jou leefstyl sal pas. Wil jy ‘n troeteldier hê vir jou veligheid, as ‘n speelmaat of soek jy ‘n vierbeen metgesel wat jou 24-uur oppas? Is jy ‘n naguil of ‘n dagpersoon? Sommige troeteldiere soos marmotte spandeer meeste van die dag aan slaap en is aktief in die nag.

• Het jy lang werksure? Sommige troeteldiere kan eensaam op hulle eie wees. Het jy kinders en is hulle volwasse genoeg om nie ‘n bedreiging vir die troeteldier te wees nie? As jy iemand is wat baie reis, wie gaan vir jou troeteldier sorg terwyl jy weg is?

• Hou ook in gedagte hoeveel spasie jou troeteldier nodig het. ‘n Intelligente hond is gemaak om te jag en wild en voëls in die bos te gaan uitwys. Hulle kan nie heeldag in die huis bly of in ‘n klein erf met min ruimte nie. Skaaphonde jaag vee en pas hulle op dus is spasie belangrik waar hulle kan hardloop.

• Gaan jy tyd hê om jou dier te vermaak en aandag aan te gee. Enige dier se brein moet gestimuleer en ontwikkel word.

“Mense moet altyd onthou diere is nie net ‘n ‘ding’ wat jy kry omdat dit lekker is om hulle te hê nie, maar het ‘n asem en vorm deel van jou lewe. Hulle deel in ons blydskap asook ons hartseer,” sê Melodi Grootendorst van The Vetshop. Bosveld het ook met Melissa Fourie, leerling inspekteur van die Percy Fyfe Diere-beskermingsverenining (DBV), gesels en sy vertel: “Jy moet bereid wees om vir die volgende 10-15 jaar na die troeteldier wat jy aanneem of koop te kan kyk”.

Volgens Melissa word klein hondjies die meeste aangeneem by die DBV en daar is ‘n aanvraag na Boerboelle, Labradore en Jack Russells. Die honde wat die meeste by die DBV beland , is Jack Russels. Onthou, troeteldiere is ‘n toewyding en ‘n voorreg.

lionel@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button