Bosveld NewsNews

Brille en Pille ‘Bikers Rally’ pretdag môre

Die Piet Potgieter Ouetehuis bestuur en inwoners sien daarna uit om almal te verwelkom hierdie Staerdag.

MOKOPANE – Die gemeenskap, asook alle motorfietsryers en fietsryers word hartlik uitgenooi om Saterdag te kom deel in die Brille en Pille ‘Bikers Rally’ en basaar ten bate van die Piet Potgieter Ouetehuis.
Die motorfietsryers kan vanaf 08:00 registreer en ‘n heerlike ontbyt geniet teen R 100 wat ook ‘n lapwapen en deelname aan die gelukstrekking insluit.
Die fietsryers ontmoet 07:00 by die ingang van die tehuis in Rabestraat en vertrek saam op ‘n oefenroete wat sowat ‘n uur sal duur. Na afloop van die rit ontmoet almal mekaar weer by die tehuis vir n heerlike ontbyt teen R100 wat ook n lapwapen sal insluit en drie kanse om die gelukstrekking van R1 000 elk te wen.
Om 11:00 vertrek die fietsryers weer saam met die motorfietse op ‘n massarit deur die dorp.
Daar kan ook heerlik gesmul word aan ‘n verskeidenheid lekkernye wat by die stalletjies verkoop gaan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button