Bosveld NewsCrimeNewsUpdate

Linette Klopper se aanvallers vasgetrek

Twee boosdoeners is Maandag deur lede van die Heritage Protection Group (HPG) en die Valke Buurtwag in verband met die aanval op Linette Klopper op 1 Oktober vasgetrek

MOKOPANE – Ben Engelbrecht van die HPG sê na ‘n deeglike ondersoek het hulle die twee verdagtes in Mashashane Village gearresteer en van die gesteelde goedere onder meer Klopper se vuurwapen in hulle besit gekry.

Volgens Mokopane Polisiewoordvoerder, Sersant Irene Masingi het die verdagtes Woensdag in die Mokopane Landdroshof verskyn. Die hof uitspraak is nog nie bekend gemaak nie.
In Bosveld se berig, “Inwoner sterk tuis aan na aanval” op 7 Oktober, word vertel dat Klopper (58) op haar kleinhoewe waar sy al meer as 10 jaar woon, deur twee booswigte oorrompel is.
Linette het omstreeks 08:30 na buite gegaan om die bokke se hok oop te sluit toe die verdagtes haar met ‘n baksteen bewusteloos geslaan het. “Toe ek my bewussyn herwin het hulle my voete en hande met draad vasgebind en ‘n stuk lap oor my mond gesit. “Ek het my voete los gekry en so ontsnap, waarna ek na die buurplaas met my hande steeds vasgebind, gehardloop het. Die bure se seun was besig om die beeste voer te gee, toe hy my gewaar en te hulp snel.”
Die bure het die buurtwagte, die HPG en omliggende boere se hulp ingewin en binne etlike minute het sowat 15 voertuie op die erf stilgehou.
redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button