Maritz lei die VF Plus in Limpopo
Die Vryheidsfront Plus in Limpopo het verlede Saterdag in Modimolle vergader en Marcelle Maritz is onbestrede as die VF + se Provinsiale Leier verkies.
MOKOPANE – Maritz sê sy is slaggereed vir die komende nasionale verkiesing in 2019 en sê haar party gaan van krag tot krag. Sy is ook volgens die VF Plus se grondwet die provinsie se nommer een kandidaat as parlementslid.
Maritz was voor die munisipale verkiesing ‘n uitvoerende lid van die Mogalakwena Munisipaliteit as DA raadslid. Sy het oorgestap na die VF Plus omdat sy van mening is dat sy beter kan sorg dat daar na die belange van haar kiesers omgesien word. Sy kon haarself ook nie meer vereenselwig met die DA se ondersteuning van SEB, kwotas en grondeise nie.
Ek is opgewonde en sien uit na die voorverkiesingsveldtog om verdere steun vir my party te verwerf,” het Maritz aan Bosveld gesê.
redakteur.bosvelder@nmgroup.co.za



