Bosveld NewsCrimeNews

Flink reaksie trek booswigte vas

Suricat Armed Response se flink spanwerk het wéér tot die arrestasie van ‘n booswig gelei.

MOKOPANE – Arno Bronkhorst, reaksie-offisier, vertel inwoners het Saterdagaand omstreeks 21:30 ‘n klag by die beheerkamer ingedien dat hulle verdagte persone by Mokopane Tobacco gewaar het.
“Ek, Jacob Kgase, Bertus Hoffman en Rassie Erasmus het ondersoek gaan instel en die verdagtes het die hasepad ingeslaan. Ons het een verdagte in Thabo Mbekierylaan vasgetrek en aan die polisie oorhandig.”
Kgase sê hulle vermoed daar was drie verdagtes en nadat hulle ondersoek ingestel het, het hulle gevind dat hulle besig was om koperdrade en pype te buit.
Die boosdoeners staar ‘n klag van huisbraak en diefstal in die gesig.

Reaksie-offisiere van Suricat maak ‘n gedugte span en trek graag boosdoeners vas. Hulle is Bertus Hoffman, Arno Bronkhorst en Jacob Kgase.
Reaksie-offisiere van Suricat maak ‘n gedugte span en trek graag boosdoeners vas. Hulle is Bertus Hoffman, Arno Bronkhorst en Jacob Kgase.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button