CrimeLocal NewsNews

‘Enhlebe was soos my kind’

[GRAFIESE INHOUD] Enhlebe, die enigste Swartrenoster by die Mokopane Biodiversiteitsbewaringsentrum het sy stryd om sy horings te behou, tydens 'n stropery verloor.

MOKOPANE – Die renosterbul, Enhlebe is verlede Vrydag omstreeks 08:00, toe die personeel hulle daaglikse roetine by die diere doen, dood in sy kamp gevind. ‘n Saak van kriminele vervolging is oopgemaak.

Volgens Mark Howitt, Bestuurder van die Mokopane Biodiversiteitssentrum, is hierdie die eerste keer wat so iets by die sentrum gebeur het.

“Die renoster is in die nek geskiet en altwee sy horings is afgesny”.

Die Swartrenosterbul, Enhlebe, wat tydens 'n horingstropery in sy nek doodgeskiet is. Foto: Verskaf
Die Swartrenosterbul, Enhlebe, wat tydens ‘n horingstropery in sy nek doodgeskiet is. Foto: Verskaf

Howitt sê hy het geen aanduiding gehad dat so ‘n stropery in die vooruitsig gestel word nie en dat die stropers soos diewe in die nag ingesluip het.

Hy vertel die geliefde renoster los ‘n hartseer merk in sy hart en dit voel amper asof hy ‘n kind verloor het.

Enhlebe was van sy geboorte in Oktober 2004 ‘n inwoner by die sentrum. Hy is gebore sonder een van sy ore. Sy naam beteken dus, ‘oor’ in Zulu.

Die skade is groot en Howitt is nie seker of daar weer ‘n renoster hier gehuisves sal word nie. Hy weet van ‘n Swartrenoster wat verkoop is vir byna R3 500 000 miljoen omdat dié renosters nie algemeen beskikbaar is nie. Enhlebe is reeds veras.

Volgens die statistieke van ‘Stop Rhino Poaching’ was daar in die laaste agt jaar ongeveer 5 000 renosters gestroop.

Slegs sowat 2 040 Swartrenosters, wat 74% van Afrika se renosterbevolking uitmaak, is nog oor. Die statistieke oor stropery van Limpopo se renosters kon nie voor druktyd bepaal word nie.

lionel@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button