James Steele, oud-onderwyser van HPP, se familie het sy trofee as beste wiskunde geletterdheidonderwyser ontvang. Hier is Jimmy Steele (Skoolhoof) saam met Taylor, Lida en James Steele (junior).
HOëRSKOOL Piet Potgieter (HPP) het hul eerste prysuitdeling in die geskiedenis van die skool Dinsdagaand gehou, genaamd ‘n ASTRA Academia-aand.
Die 2016 gr. 12 onderwysers wat beloon is by die Waterberg Streektoekenningsgeleentheid het ook kans gekry om hulle trofeë en sertifikate te ontvang vir hulle harde werk en toewyding.
James Steele, oud-onderwyser van HPP wat onlangs oorlede is, se familie het ‘n spesiale oomblik agtergelaat toe hulle sy trofee en sertifikaat namens hom ontvang het.
Die volgende prestasies is deur die onderwysers behaal:
• Deirdré Koekemoer – beste rekeningkundeonderwyser
• Ezahn Maritz – beste Engels eerste addisionele taalonderwyser
• Cecilia Engelbrecht – beste lewenswetenskaponderwyser
• Erndina Viljoen – beste wiskundeonderwyser
• Ilze Malan – beste geografieonderwyser• Helena Broodryk – beste geskiedenisonderwyser
• Rienie Dekker – beste Afrikaansonderwyser
• Hannes Du Bruyn – beste besigheidstudiesonderwyser
• James Steele – beste wiskunde geletterdheidonderwyser
• Elmari Oosthuizen – beste gr. 9 wiskundeonderwyser
• Renier Labuschagne – beste rekenaartoepassingstegnologie onderwyser en HPP is ook die top skool in die Waterberg Distrik in die vak
• Maggie Mathabatha – onderwyser wat ‘n 100% slaagsyfer vir Sepedi behou het
Sien in volgende week se uitgawe die leerders se spogprestasies. lionel@nmgroup.co.za
Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard