CrimeLocal NewsNews

Wiers-tuinier dalk ‘n medepligtige

Die ondersoekbeampte, kapt. Lawrence Mametja het getuig dat die gesin se tuinier, Alfred Hlangwane 'n medepligtige in die moord was.

Maretha Swanepoel

POLOKWANE – Frans Maela wat aangekla word vir die moord op Tanya Wiers, se borgaansoek is op Dinsdag, 28 Februarie in die Polokwane Landdroshof hervat.

Mametja het getuig dat Hlangwane, Wiers vermoor het aangesien hy ongelukkig was met die betaling wat hy ontvang het.

Hlangwane het op 2 Maart vlugtig, na sy arrestasie op borgaansoek in die hof verskyn.

Wiers is op 7 Februarie in haar huis oorval en met eers ‘n skêr en later met ‘n mes doodgesteek. Haar oë is verwyder en op die toneel gevind.

Maela is dieselfde dag gearresteer, nadat daar gesteelde items in sy besit gevind is. Hy was die Wiers se bure se tuinier.

Die borgaansoek vir Maela en Hlangwane is uitgestel tot 15 Maart.

Lees Meer:
Wiers murder case postponed

Wiers case postponed again

“Ons moet saam staan as vrouens en as ma’s”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button