POLOKWANE – Oud en jonk het die afgelope naweek by die sportvelde van Oosskool gaan kuier tydens Erica Pre-Primêre Kleuterskool se familiedag en Erica Atletiek- en Pretloopbyeenkoms.

Die dag is afgeskop met ‘n 5 en 10 km pretloop.

Die funksie word jaarliks gehou tydens die kleuteratletiek om te dien as geldinsamelingsgeleentheid vir die skool.

Volgens die hoof van die skool, Monja Groenewald, was die dag ‘n reuse sukses. Hulle bedank graag almal die mense wat hul ondersteun het vir al die liefde vir die skool en die ondersteuning wat die skool nie net op spesiale dae soos dié geniet nie, maar ook deur die loop van die jaar.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



