MOKOPANE – Suricat het gaan ondersoek instel en die sekuriteitswag het verduidelik dat ‘n dubbel kajuitbakkie gesteel is. Die booswigte het die versperrings voor die handelaar se perseel verwyder en met ‘n oranjekleurige Ford Ranger Wildtrack weggejaag.
Volgens die sekuriteitswag het hy sy rondtes gaan doen om seker temaak dat die kantore almal gesluit is toe hy ‘n lawaai vanaf die straat se kant af hoor. Hy het ondersoek ingestel en gesien hoe die booswigte wegjaag met die voertuig.
Petrus Oosthuizen, Bestuurder van Unitrans Ford in Mokopane, het die voorval bevestig.
Bosveld wag nog vir terugvoering vanaf die Polisie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



