Bosveld NewsCrimeNews

Twee verdagtes vasgetrek na boer oorrompel

De Beer is glo oor sy kop en lyf geslaan en later vasgebind.

MOKOPANE – ‘n Hoenderboer van Sterkrivier is verlede Donderdag aangeval en aangerand nadat hy vir ‘n middagslapie gaan lê het.

Leon de Beer (58) wat op die plaas van Annemarie van Niekerk van TWK Voere werk, is tussen 12:00 en 13:00 deur twee mans in sy kamer oorrompel.

Die mans het vir geld gevra waarna De Beer na bewering met ysterstawe aangerand is.

Die twee verdagtes het Leon de Beer se huis omgekeer opsoek na geld.

Na bewering het die twee mans toe die huis omgekeer opsoek na kontant en met R20 000 op vlug geslaan.

De Beer het homself losgewikkel en Van Niekerk gekontak. Die veiligheidsbeamptes van Tommy Pienaar, eienaar van Bassopa Sekuriteit, is inderhaas na die toneel en het die twee mans vasgetrek.

Volgens Pienaar is daar later vasgestel dat die mans, albei Zimbabwiërs is.

Van die geld is in een van die verdagtes se broekspyp gevind.

Van Niekerk sê na die voorval is daar besluit om op 1 April ‘n veiligheidsvergadering vir almal in die omgewing te hou. Belangstellendes kan Elize Roux by 082 944 8131 kontak.

Brig. Ria Mkhabela sê die verdagtes het reeds in die hof verskyn, maar beide die mans het nie gepleit nie weens die feit dat hulle nie ‘n Tsonga tolk in die hof gehad het nie. Die volgende hofdatum is 30 Maart.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button