MOKOPANE – Van Wyk, wat Die Goudsmit Juwelierswinkel vir sowat vyf jaar bedryf het, is Woensdagmiddag tot ‘n R30 000 boete gevonnis of tronkstraf van vyf jaar opgeskort vir drie jaar indien sy nie die geld kan betaal nie.
Van Wyk was aangekla vir 13 klagtes van diefstal nadat sowat ‘n half miljoen rand se juwele binne 12 maande deur haar gebuit is.
Lees meer: Juwelier pleit onskuld
Nicky Bosman, Van Wyk se prokureur, het gevra vir ‘n boete of gemeenskapsdiens omdat die beskuldigde twee minderjarige kinders het om te versorg saam met haar eggenoot.
Bosman het aangevoer Van Wyk is bereid om haar motor aan ‘n familielid te verkoop teen R40 000 wat sy aan die staat sal betaal.
Landdros Gerhard Pretorius het met vonnisoplegging daarop gewys dat die skade nie reggestel kan word nie, maar omstandighede moet ook in ag geneem word.
Van Wyk het ook aangedui dat sy ‘n werkgeleentheid aanvaar het, wat dien as bewys dat sy haar boete sal kan vereffen oor ‘n tydperk. Dit sal dan nie nodig wees dat sy die gesin se motor van die hand moet sit nie.
Vier van die vroue wie hulle juwele aan Van Wyk gegee het vir herstelwerk het agter in die hof gesit en hulle misnoeë na die saak te kenne gegee. Hulle meen sy hoort agter tralies.

Goudsmit eienaar weer in hof oor bedrog
lionel@nmgroup.co.za




