Shaun McGrath en Ivor Potgieter het 'n algehele vierde plek behaal met 46 punte op die uittel. In die middel is Marcelle Maritz.
MOKOPANE – Sowat 60 spelers het verlede Saterdag die gholfstokke geswaai tydens die Percy Fyfe Dierebeskermingsvereniging (DBV) se gholfdagfondsinsameling by die Kameeldoring Gholfklub.
Die uitslae is as volg:
• Langste dryfhou – Erhard Spies
Erhard Spies met sy geskenk as wenner vir die speler met die langste dryfhou. Saam op die foto is Marcelle Maritz (Bestuurder, Percy Fyfe DBV).
• Naaste aan pen nr. 3 – Kenny Mboyana wat ‘n kolskoot geslaan het
Marcelle Maritz oorhandig die prys aan Kenny Mboyana wat nie net naaste aan pen nr. 3 geslaan het nie maar ook vir ‘n kolskoot gesorg het.
• Eerste plek volgens punte uittel – Ruan Bester en Natalie de Vos met 48 punte
Natalie de Vos en Ruan Bester het as wenners met 48 punte op die uittel weggestap. Marcelle Maritz (middel) doen die oorhandigings.
• Tweede volgens punte uittel – Martin Koekemoer en Antony Hawken met 48 punte
Die tweede prys het aan Martin Koekemoer en Antony Hawken (afwesig) gegaan wat 48 punte op die uittel gehaal het. Marcelle Maritz (links) doen die oorhandigings.
• Derde volgens punte uittel – Mauritz Mahne en Erhard Spies met 47 punte
Met 47 punte op die uittel is Mauritz Mahne en Erhard Spies in derde plek. Saam op die foto is Marcelle Maritz wat met ‘n glimlag hul eetbewyse as prys uitdeel.
• Vierde volgens punte uittel – Shaun McGrath en Ivor Potgieter met 46 punte