‘Belasting’ om nood te help verlig
Alle Suid-Afrikaners, van die sakegemeenskap tot skoolkinders, kan op 26 Mei hul formele skoene vir tekkies verruil mits hul ‘n Tekkie Tax-plakker dra. Tekkie Tax is ‘n fondsamelingsprojek en elke plakker verteenwoordig ‘n afdeling van dienslewering. Afhangend van waar jou hart lê, kan jy plakkers kies om organisasies te ondersteun in een of meer van …

Alle Suid-Afrikaners, van die sakegemeenskap tot skoolkinders, kan op 26 Mei hul formele skoene vir tekkies verruil mits hul ‘n Tekkie Tax-plakker dra.
Tekkie Tax is ‘n fondsamelingsprojek en elke plakker verteenwoordig ‘n afdeling van dienslewering. Afhangend van waar jou hart lê, kan jy plakkers kies om organisasies te ondersteun in een of meer van die volgende kategorieë: diere, familiedienste, kinders, dienslewering aan persone met gestremdhede en basiese onderwys. ‘n Plakker kos R10.
Daar is ook veelkleurige skoenveters en T-hemde te koop vir dié wat hul volle gewig agter hierdie nasionale geldinsamelingsprojek wil ingooi. Skoenveters kos R35 per paar en die T-hemde is teen R95 elk te koop.
Verlede jaar is R8,4 miljoen met die projek ingesamel en sedert die ontstaan van die projek in sy huidige vorm in 2013, is R22,1 miljoen vir liefdadigheid geïn.
Huismoeder van die Polokwane Nasorgsentrum vir Volwasse Intelektueel Gestremdes, Saartjie du Toit, sê Tekkie Tax-plakkers, -skoenveters en -hemde is by die sentrum in Dorpstraat 96 beskikbaar.
Die sentrum hoop om vanjaar
25 000 plakkers te verkoop. Du Toit vra dat alle besighede betrokke raak en die sentrum ondersteun.
Besighede kan die uitgawes van belasting terugeis.
Storie: THINUS DU TOIT
>>thinus@observer.co.za





