MOKOPANE – Kevin Clerk, wat aangekla is vir die moord op André van den Berg, het vandag, 15 Mei, in die Mokopane Landdroshof weer verskyn.
Lees meer:Tref-en-trap saak uitgestel
Clerk het in 2014 na ‘n kuiersessie die oorledene na bewering voor sy huis in Geyserstraat doodgery.
Volgens Clerk was sy prokureur, Osie Oosthuizen, nie beskikbaar vir die hofdatum nie. Die saak is voorlopig uitgestel na 15 Junie.
Hy is tans uit op borgtog.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



