‘n BOER en sy vrou van die Klipgat plaas op die Roedtan-Naboompad is vanoggend (15 Mei) deur drie verdagtes in hulle huis oorval.
Bosveld joernalis was op die toneel en het verneem dat die drie verdagtes toegang tot Sam en Meisie Liversage se huis verkry het deur ‘n venster by ‘n rondawel wat aan die huis grens.
Die venster waardeur die aanvallers geklim het.
Sam het wakker geword van ‘n geluid buite en gaan ondersoek instel, een van die verdagte het hom in die bors geskiet.
Die huishulp, Elizabeth wie se kamer ‘n paar meter van die hoofhuis af is het die skoot gehoor.
Sy het deur die venster gekyk en die verdagtes buite gesien en die polisie gebel. Elizabeth vertel: “Ek het na die buurman toe gehardloop om hulp te kry.”
Vossie Vosloo (Heritage Protection Group) gee ‘n opdrag aan die spoorsnyers.
Een van die verdagtes het haar agterna gesit en gevang. Sy het die verdagte met vuiste bygekom en gevlug.
Heritage Protection Group wat op die toneel was het die spore van die verdagtes gevolg.
Sam is na die Limpopo Mediclinic in Polokwane geneem en hy is stabiel, Meisie het nie besering opgedoen nie.
‘n Sterk teenwoordigheid van polisie en boere van die omgewing was op die toneel.
Volgens Polisiewoordvoerder Lt. Kol. Moatshe Ngoepe is die drie verdagtes vasgetrek en hulle verskyn binnekort in die Modimolle Magistraatshof.
Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard