NewsSchools

Kookwaterrugby by Lim-finaal vir hoërskole verwag

Skolerugby op sy beste en titaniese wedywering word Saterdag verwag wanneer hoërskole uit alle uithoeke van die provinsie mekaar tydens die Virseker Bekerreeks se Limpopo Hoërskole Rugbyfinaal aanvat. Vir slegs R20 per volwassene en R10 per kind kan toeskouers by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé vanaf 08:00 met die eerste kragmeting tussen die eerstespanne van …

Skolerugby op sy beste en titaniese wedywering word Saterdag verwag wanneer hoërskole uit alle uithoeke van die provinsie mekaar tydens die Virseker Bekerreeks se Limpopo Hoërskole Rugbyfinaal aanvat.
Vir slegs R20 per volwassene en R10 per kind kan toeskouers by Hoër Tegniese Skool Tom Naudé vanaf 08:00 met die eerste kragmeting tussen die eerstespanne van Curro Heuwelkruin en Stanford Lake College die dag se aksie eerstehands beleef. Daarna sal Hoërskool Eric Louw en Hoërskool Frans du Toit, Hoërskool Ben Viljoen en Hoërskool Hans Strijdom en Hoërskool Ben Vorster en Hoërskool Frikkie Meyer se eerste­spanne mekaar pak.
Spanne neem in kategorieë vir klein-, middel-, medium- en grootskole deel om Limpopo-wenners te wenners te bepaal wat dan teen ander streekwenners te staan kom om die algehele wenners te bepaal.
Tommies-sporthoof, Kobus de Meyer sê toeskouers wag gewoonlik tot aan die einde van die program om die eerstespanne in aksie te sien, maar vanjaar is dié spanne eerste aan die beurt omdat die wedstryde deur SuperSport opgeneem word.
Kruinies se eerste- en o.15A-span sowel as Hoërskool Pietersburg (PHS) se o.14A- en o.16A-span is die enigste plaaslike spanne wat hul staal tydens die stryd sal wys. Kruinies se o.15A-span sal om 14:15 met Stanford Lake College kragte meet terwyl PHS se o.14A-span om om 12:15 die Vossies sal aandurf. Pieties se o.16A-span sal om 16:05 met Frikkie Meyer koppe stamp. Leerders in skooluniform kry gratis toegang. Eet- en drinkgoed sal te koop aangebied word.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button