Bosveld NewsNews

Hoenderplaas in loongeskil

Die werknemers van die Spif-hoenderplaas buite Mookgophong staak sedert 18 Mei oor 'n loongeskil.

MOKOPANE – Ontevrede werknemers wat ook lede van die Good and Allied Workers Union (FAWU) is, het op 10 Julie, ‘n optog in Mookgophong gehou en ‘n memorandum aan die polisie en die Spif-bestuur oorhandig.

Op 10 Julie het betogende lede ‘n memorandum aan die stasiebevelvoerder van Mookgophong, lt. kol. Kiba Kekana, oorhandig en daarna rustig en al singend na Spif gestap.

Luidens die memorandum eis die werkers ‘n beter salaris, bonusse sonder enige voorwaardes, asook beter werksomstandighede. Hulle eis ook dat transformasie vinniger in die maatskappy moet plaasvind.

Op 30 Junie het die betogers slaags geraak met die polisie, waarna die polisie rubberkoeëls op die betogers gevuur het. Adjudant Offisier George Ledwaba, Polisiewoordvoerder op Mookgophong, het vroeër gesê twee stakers is lig beseer tydens dié betoging.

Lees meer: Public Order Police fire rubber bullets in Mookgopong

Kevin Traviss, Besturende Direkteur van Spif, het Dinsdag aan Bosveld bevestig dat die staking steeds voortduur. Hy het bevestig dat hulle wel die memorandum met eise ontvang het.

“Die werkers kry bonusse wat gegrond is op teenwoordigheid. Die maatskappy bly vasbeslote om met die onderhandelinge voort te gaan in ‘n poging om die staking te beëindig, maar die stakers bly die betogersooreenkoms oortree. Solank as die stakers voortgaan om dit te doen kan hulle nie om een tafel sit en ‘n ooreenkoms bereik nie.”

Volgens Traviss is ‘n betogersooreenkoms in plek gesit om sake te hanteer soos om die veiligheid van nie-stakers te verseker, wapens te verbied, die eienaar se eiendom te beskerm, die gebied waarin betogings mag plaasvind en die algemene gedrag van stakers tydens die betogings.

Traviss sê die ooreenkoms is deur die unie en stakers onderteken.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button