Bosveld NewsNews

Rekenaarwinkel weer beroof

Daar is Dinsdagaand weer by die rekenaarwinkel van Willie van Wyk, The Computer Shop ingebreek, die inbrekers het glo toegang deur die dak verkry.

MOKOPANE – Van Wyk sê hy het dadelik onraad vermoed toe hy sy winkel Dinsdagoggend oopsluit en die alarm nie af gaan nie. “Daar was totale chaos gesaai in my winkel. Glasstukke het orals gelê, my vertoonkas is stukkend geslaan en die diefwering by een van die vensters was geknip en oopgebuig.”

Volgens van Wyk het die verdagtes toegang deur die dak gekry.

Die rekenaarwinkel van Willie van Wyk waar daar Dinsdagaand ingebreek is.

“Die inbrekers het ‘n gat deur die plafon geslaan by die alarmboks en die alarm ontkoppel en uitgeruk.

Hulle het weggekom met baie voorraad waaronder skootrekenaars, hardeskywe, sentrale verwerkingseenhede en rekenaarparte.

Die verdagtes het ‘n gat deur die plafon geslaan by die alarmboks en die alarm ontkoppel en heeltemal uitgeruk.

Die voorraad het hulle vermoedelik deur ‘n klein venstertjie aangegee aan iemand wat buite die gebou gestaan het,” sê van Wyk.

Van Wyk is moedeloos oor die misdade. Dit is die tweede keer wat daar by sy winkel inbreek word in vier maande se tyd.

Die verpakkings van skootrekenaars wat deur die verdagtes agter gelaat is.

Hy sê daar is probleme met veiligheid. “Die veiligheidshek langs die gebou werk nie en enige persoon kan in en uit beweeg. In die aand is dit ook pikdonker en die gloeilampe word net eenvoudig verwyder sodra dit vervang word.”

Die voorraad is vermoedelik deur die venster na buite aangegee.

Die waarde van die voorraad wat gebuit is, sal Van Wyk eers kan beraam na hy ‘n volledige voorraadopname gedoen het.

redaksie.bosveld@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button