CrimeNews

Man (59) in hegtenis na hy glo meisie (15) verkrag

'n 59-jarige opsigter van een van die stad se skuilings is verlede Donderdag gearresteer op aanklagte van seksuele aanranding

POLOKWANE – ‘n Opsigter van een van die stad se skuilings vir armes is verlede week gearresteer vir die seksuele aanranding van ‘n minderjarige meisie.

Die 59-jarige man, wie se naam om regsredes weerhou word, is verlede Donderdag gearresteer op aanklagte van seksuele aanranding van ‘n 15-jarige meisie.

Die man is ook die eienaar van die perseel vanwaar die skuiling, waar sowat 16 mense gehuisves word, bedryf word.

Volgens die polisiebeampte wat op die toneel was ten tyde van die arrestasie, is die saak reeds vroëer die jaar aanhandig gemaak en na ‘n lang ondersoek is die man verlede week gearresteer.

Die dossier is aan die Direktoraat van Openbare Vervolging gestuur. Volgens Lt. Kol. Moatshe Ngoepe, die polisie se Provinsiale Woordvoerder kom die saak voor op 20 Oktober.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button