CrimeNews

VS-klagte teen Groenewaldbroers van rol geskrap na saak verjaar

Die aanklagte wat deur die Amerikaanse justisiedepartement teen Dawie Groenewald en sy broer, Janneman aanhangig gemaak is, is Maandag van die rol geskrap.

POLOKWANE – Die klagte, van die verkoop van onwettige renosterjagtogte, geldwassery, onwettige smokkel met renosterhorings en e-posbedrog, is reeds in 2009 gemaak, en die broers is op 20 Junie vanjaar deur Interpol gearresteer nadat ‘n dokument uitgereik is wat hul uitlewering gemagtig het.

Lees meer: Groenewald brothers rearrested, granted bail

Tydens hul arrestasie in Junie is Interpol bygestaan deur die provinsiale Bedreigde Spesie-eenheid asook Taktiese Responseenheid.

Volgens die broers se onderskeie regsverteenwoordigers, Thomas Grobler en Hennie Erwee blyk dit die saak het verjaar en is die saak teen hulle om dié rede van die hofrol verwyder.

“Alhoewel die hof nie redes hoef te verskaf oor hoekom die saak geskrap is nie, het ek navorsing gedoen en bevind die saak het verjaar. ‘n Persoon moet binne drie jaar nadat ‘n saak aanvanklik aanhangig gemaak is, vervolg word, anders vind verjaring plaas,” het Erwee gesê.

Lees meer: United States Indicts Dawie Groenewald

Die klagte is destyds uitgereik teen die Groenewaldbroers in hul maatskappy Valinor Trading CC (Out of Africa Avontuurlike Safaris).

Hulle het aanklagte in die gesig gestaar waaronder verskeie Amerikaanse wette aanklagte, insluitende die Lacey-wet wat dit ‘n kriminele daad maak om met voorbedagte dade wildlewe te verkoop wat in besit geneem is, vervoer of verkoop is in stryd met Amerikaanse en buitelandse wette.

Grobler het bevestig dat die staat eers weer moet “sekermaak van hul feite voordat die saak wel later weer hervat kan word”.

Die saak teen Dawie, waarop hy en talle ander in 2010 gearresteer is as deel van ‘n renosterstroopsindikaat, hervat weer in Januarie 2018.

Lees meer: Groenewald brothers indicted in the US

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button