Besoek JE Autobody vir uitklophoudiens
Wanneer jou motor skade opdoen, sak jou moed gewoonlik tot diep in jou skoene, want om 'n goeie en betroubare paneelklopper te vind is nie altyd 'n maklike taak nie.
POLOKWANE – Die personeel by JE Autobody maak die soektog maklik, nie net met hulle vriendelike diens nie, maar met hulle hulpvaardigheid sal jy sommer vinnig weer op die pad wees.
Johan en Elize Hattingh, eienaars van JE Autobody vertel meer van hulle familiesaak.
“Ek het 20 jaar ondervinding in paneelklopwerk en ons het ses jaar gelede dié besigheid gestig,” vertel Johan.
“Ons was eers op ‘n ander perseel, maar het op 1 Julie na die huidige perseel in Ysterstraat verhuis.”
Johan vertel dat hulle ‘n verskeidenheid dienste aan hulle kliënte bied, wat insluit, rubberiseer, spuitverf, insleepdiens, duikklopwerk. Die spuitverf wat op die perseel gemeng word, het ‘n lewenslange waarborg.
Die spuitverftegnikus, Chrisjan Bekker, het jare se ondervinding en met ‘n ingestelde oog is sy werk pynlik netjies en van hoogstaande gehalte.
JE Autobody doen ook verflose duikverwydering.
Voertuie word sorgvuldig uitmekaar gehaal en weer aanmekaar gesit deur die bekwame hande van Frans Mogale en Minah Kganyago, Lucksy Mokwele maak seker dat jou voertuig blink as dit die perseel verlaat.
“Ons wil graag dankie sê aan ons getroue kliënte wat ons sedert 2003 al ondersteun. Ons geniet dit om aan julle, uitklophoudiens te lewer,” sê Johan.















