AdvertorialBusinessNewsSchools

Jongspan is heel tuis by Die Ooievaar se Nes

Maggie van der Spek is die eienaar van Die Ooievaar se Nes, ‘n tweetalige dagsorgsentrum in die stad wat na babas, pikkies en kleuters omsien.

POLOKWANE – Om die warm lentemaande te verwelkom het dié sentrum ‘n spesiale lentedagviering gehou om die kinders op ‘n prettige manier meer oor lente en nuwe begin te leer.

“Ons versorg, speel en leer die pikkies al van drie maande oud af by die sentrum wat al vir die afgelope vier jaar in bestaan is,” verduidelik Maggie.

Die Ooievaar se Nes is geleë op die hoek van Bendorrylaan en Lotteringstraat en kan by 082 971 4078 geskakel word.

Hierdie dagsorgsentrum bestaan uit toegewyde, passievolle personeel wie help met die allesomvattende ontwikkeling van kinders waartydens hulle ook sorg vir baie pret vir die jongspan.

Maggie is betrokke by die dag-tot-dag bestuur van Die Ooievaar se Nes en sê registrasies vir 2018 is reeds oop by die sentrum. “Belangstellende ouers is welkom om ons te besoek om ‘n plekkie te verseker,” sê Maggie.

Die jongspan by Die Ooievaar se Nes geniet hul middagete in die buitelug om lente te verwelkom en is verheug oor die warmer seisoen sodat hul Vrydae heerlik kan piekniek hou.

Die Ooievaar se Nes personeel Kayla Fourie en eienaar Maggie van der Spek in die babasorg fasiliteit waar hulle na ‘n aantal bondeltjies omsien.

roelof@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button