Local NewsNews

ADHD-pille op skoolgrond te koop, waarsku SANCA

Dié tendens het onlangs onder die aandag gekom van Sanca in Polokwane.

POLOKWANE – Die druk van eksamenskryf is skynbaar besig om by te dra tot die verkoop van middels wat vir Aandagtekorthiperaktiwiteitsindroom (ADHD) voorgeskryf word – aan leerders deur leerders.

Volgens die direkteur, Amanda Swart, is leerders by prominente skole in die stad skuldig aan die koop en verkoop van hierdie middels.

Van die middels sluit in Ritalin, Conserta asook Mythylphendidate HCI Douglas.

Lees meer: Drug trade in schools

Review het met ‘n leerder in die binnekringe van die koop en verkoop van die medisyne, in kontak gekom.

Volgens die persoon word die tablette teen R30 elk verkoop, en verhoog dit die konsentrasievlakke veral wanneer jy moet eksamenskryf.

Lees meer: Parents be alert: ‘drug dealers’ targeting teens on social media

“Ons verkoop net aan leerders in gr. 11 en 12 omdat dit iets is wat hulle koop en op eie risiko gebruik.”
Die persoon sê voorts dat onderwysers nie onraad vermoed nie, aangesien hierdie middels vanweë die hoë voorkoms van ADHD nie regtig “aandag trek” nie.

“As iemand sou vrae vra, is daar maniere en maniere om rondom dit te kom.”

Volgens die leerder is daar ook voorskrifte in die rondte, wat onregmatiglik bekom is. Soms sal ‘n leerder sy of haar eie voorskrif gebruik, die medisyne aanskaf, en dit dan weer verkoop sonder om die self te gebruik.

Volgens Swart van Sanca is ‘n groot rede waarom kinders hulle tot die middels wend, die druk waaronder hulle moet presteer.

“Daar is ouers wat onmoontlike druk op leerders sit om nie teleur te stel nie. Die probleem is dat in meeste gevalle die medikasie gesien word as die eerste en nie laaste opsie wanneer leerders nie in ‘n klas stilsit nie.

“Die medikasie word dan in die stad deur ‘n gewone huis dokter voorgeskryf waar dit eintlik net deur ‘n psigiater voorgeskryf kan word en aangevul kan word. Dit maak dit maklik om te kry,” voeg Swart by.

Sy vertel dat daar ‘n sterk verband is tussen die opkikker in die medikasie en ander verbode middels.
Polokwane Polisiewoordvoerder, AO Lesiba Ramoshaba het aan Review gesê die verkoop van hierdie middels is onwettig en gaan gepaard met die handeldryf in onwettige middels.

“Niemand mag medikasie verkoop teensy dit ‘n instansie soos ‘n apteek is, wat geregistreer is nie,” vertel Ramoshaba.

Swart moedig ouers aan om enige vreemde optrede van kinders waar hulle vermoed dwelms of ander middels gebruik word, aan Sanca aangemeld word vir hulp.

Skakel (015) 295 3700.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button