Local NewsNews

BREAKING NEWS – Een beskuldigde in Tanya Wiers-moord vry

Die Polokwane landdroshof het vanoggend (Donderdag) die klagte van moord en roof met verswarende omstandighede teen Alfred Hlongoane, een van die beskuldigdes in die Tanya Wiers-moordsaak, laat vaar. Landdros Janine Ungerer het dié uitspraak gelewer nadat die openbare vervolger besluit het om Hlongoane nie te vervolg nie. Die tweede verdagte, Frans Maela, bly in aanhouding …

Die Polokwane landdroshof het vanoggend (Donderdag) die klagte van moord en roof met verswarende omstandighede teen Alfred Hlongoane, een van die beskuldigdes in die Tanya Wiers-moordsaak, laat vaar.
Landdros Janine Ungerer het dié uitspraak gelewer nadat die openbare vervolger besluit het om Hlongoane nie te vervolg nie. Die tweede verdagte, Frans Maela, bly in aanhouding en sy verhoor sal na verwagting in Februarie in Limpopo hooggeregshof begin. Hy word ook van moord en roof met verswarende omstandighede aangekla.
Maela word daarvan verdink dat hy Wiers in Februarie by haar huis in Eduanpark met ‘n skêr en mes aangeval en wreedaardig vermoor het. Hy was tydens die voorval by die Wiers-gesin se buurman as tuinier werksaam terwyl Hlongoane by die gesin in die tuin gewerk het.
Maela is na die moord op dieselfde dag nog gearresteer en Hlongoane enkele dae nadat Maela hom in ‘n bekentenis aan die polisie by die moord geïmpliseer het.
Gesteelde goedere soos ‘n tabletrekenaar, selfoon en juwele is glo in Maela se besit gevind.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

 
Back to top button