Geen liggies vanjaar by Kindersorgsentrum
Na ses jaar is Jorissenstraat 42a sonder liggies vir Kersfees
POLOKWANE – Dit sedert 2011 se Kersliggies wat elke jaar in die Polokwane Kinder- en Gesinsorgsentrum flikker.
Volgens die maatskaplike werker, Lorette Bosch, is die jaar se feesliggiesgeleentheid afgestel vanweë ‘n tekort aan ‘n borg.
“Aangesien daar geen borge was om die foutiewe liggies te vervang nie, moes ons die Feesliggies vir Families afstel. Die fondse wat die besoekers verlede jaar betaal het, was nie genoeg om ons uitgawes te dek nie,” vertel sy.
Die feesliggie-inisiatief is in 2011 op die been gebring, nadat die personeel van Polokwane Kinder- en Gesinsorg gevoel het daar is geen ander veilige plek in die stad waar families saam kan piekniekhou nie.
Jy kan ook lees: Hou ‘n piekniek onder Kersliggies die Desember
“In 2011 met die hulp van die publiek, elektrisiëns en ‘n verskeidenheid besighede, is hierdie behoefte aangespreek. Die tuin is oopgestel vanaf 19:00 tot 21:00 elke aand in Desember. Die projek het sedertdien gegroei en al hoe meer mense het die perseel besoek,” vertel sy.
Die projek het ook as ‘n bewusmaking gedien van die dienste wat die welsynsorganisasie bied.
Indien die gemeeenskap enige bydrae kan maak of hulp verleen, kan hulle gerus vir Lorette by (015) 297 3326 of (015) 297 3327 kontak. “Ons sal enige hulp waardeer sodat ons weer in 2018 liggies kan hê,” sluit sy af.




