Local NewsNews

Lana Bouwer se afsterwe ‘n groot verlies en leemte vir Bolivia Lodge

Lana is onlangs in die ouderdom van 70 jaar oorlede nadat sy die afgelope twee jaar gesondheidsprobleme ervaar het.

POLOKWANE – Enige iemand wat die afgelope 19 jaar lekker by Bolivia Lodge geëet het, kon maar weet dat hulle waarskynlik aan Lana Bouwer se kos gesmul het.

Lana is onlangs in die ouderdom van 70 jaar oorlede nadat sy die afgelope twee jaar gesondheidsprobleme ervaar het. Sy het in die afgelope twee jaar ook haar heup gebreek.

“Lana was vir meer as 40 jaar sinoniem met die voedselbedryf in Polokwane,” vertel Dawie Botes, mede-eienaar van Bolivia Lodge.

“Dit is met groot hartseer wat ons van haar afskeid neem. Sy was nog so ‘n groot deel van ons operasie, sy was altyd sinoniem met Bolivia Lodge. Sy het diep spore getrap en agtergelaat waarin ons kan loop. Haar kennis en ondervinding het ons elke dag gerig gehou om die gasvryheidwêreld te kon dien. Sy was 19 jaar deel van ons span, maar haar ondervinding in die bedryf strek oor die 40 jaar.
“Haar disse soos beesstert, skaapafval en koffievarktjops en net-lekker-eet kos sal vir altyd hier by Bolivia bly voortbestaan. Baie diep meegevoel en simpatie vir haar kinders en kleinkinders.
“Sy het talle en talle troues en ander funksies daagliks hanteer en het die afgelope 19 jaar die toon aangegee by Bolivia Lodge. Sy gaan baie gemis word.”

Bolivia Lodge wens die familie sterkte toe in die tyd van rou.

Volgens Lana se dogter, Esther Maritz, was haar moeder in die hospitaal met longontsteking en na haar ontslag het sy tuis aangesterk waar sy toe oorlede is. “Sy was baie rustig,” vertel Esther.

Die familie het groot waardering vir alles wat Dawie Botes en die personeel van Bolivia Lodge vir Lana en die familie gedoen en beteken het en het hulle dank en waardering ten volle teenoor hulle uitgespreek.

nelie@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Raeesa Sempe

Raeesa Sempe is a Caxton Award-winning Digital Editor with nine years’ experience in the industry. She holds a Bachelor’s Degree in Media Studies from the University of the Witwatersrand and started her journey as a community journalist for the Polokwane Review in 2015. She then became the online journalist for the Review in 2016 where she excelled in solidifying the Review’s digital footprint through Facebook lives, content creation and marketing campaigns. Raeesa then moved on to become the News Editor of the Bonus Review in 2019 and scooped up the Editorial Employee of the Year award in the same year. She is the current Digital Editor of the Polokwane Review-Observer, a position she takes pride in. Raeesa is married with one child and enjoys spending time with friends, listening to music and baking – when she has the time. “I still believe that if your aim is to change the world, journalism is a more immediate short-term weapon." – Tom Stoppard

Related Articles

Back to top button