CrimeNews

Bejaarde boer gewond tydens plaasaanval

'n Bejaarde boer en sy vrou is Dinsdag net voor 21:00 oorval op hulle plaas by Melkrivier in die Dorset omgewing.

LIMPOPO – Volgens lt. kol. Moatshe Ngoepe, Woordvoerder van die SAPD, het drie verdagtes op die plaas toegeslaan en op Bertus Henrico geskiet.

“Die boer is in die skouer geskiet en het ‘n skraapwond in die nek opgedoen. Die boer het terug geskiet en een verdagtes is vermoedelik gewond.”

Volgens Kobus de Lange, ‘n boer van die omgewing, is Waterberg Veiligheid, Dorset Gemeenskapspolisiërings Forum, Heritage Protect Group, Vaalwater GPF, Welgevonde GPF, Waterberg Rangers en SAPD op die toneel en volg hulle spore van die verdagtes.

De Lange sê: “Die verdagtes het ‘n .243 geweer gesteel en was gewapen met handwapens. Die verdagtes word deur die boere beskryf as twee lang mans en ‘n korter een met khaki langbroeke aan”.

Henrico is in ‘n hospitaal opgeneem en geopereer om die koeël in sy skouer te verwyder.

Tydens die aanval is sy vrou se arm gebreek. Albei is gestabiliseer en dit is nie bekend of sy vrou ook in die hospital opgeneem is nie.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button