MOKOPANE – Volgens Arno Bronkhorst, ‘n Reaksie Offisier van Suricat, het ‘n kliënt verlede Donderdag die kantoor gebel en gekla oor dwelmgebruikers in Brahmanstaat in die industriële gebied. “Ek en my kollega, Elvis Nkosi, het gaan ondersoek instel en twee verdagtes vasgetrek. Ons het nyaope en spuitnaalde in hulle besit gekry. Sers. Johannes Madubanya van die Mahwelereng Taakspan was ook op die toneel en ons het die verdagtes oorhandig.”
Bronkhorst sê Suricat Sekuriteit en die Mahwelereng Taakspan werk saam om die strate skoon te kry van dwelms. “Dit is die enigste manier hoe ons dié euwel sal uitroei.”
redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



