
MOKOPANE – Volgens Korny Dekker, DA raadslid, is die reservoirvlakke uiters laag en gaan die situasie nie verander as die inwoners nie begin om water spaarsamig te gebruik nie.
“Elkeen van ons gaan dringend moet begin water spaar. Daar word gekla omdat daar nie water is nie, maar die inwoners gebruik te veel. As die inwoners nie nou die erns van die waterkrisis verstaan nie, gaan die reservoirs nooit vol kom nie.”
Doorndraaidam se watervlakke het volgens Lepelle Northern Water van 45% na 41% gesak.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



