LIMPOPO – Von Kleist, ‘n plaasvoorman, is op 21 Maart tydens ‘n plaasaanval doodgeskiet.
Sy vriendin, Sonja Joubert (55), is tydens die aanval in haar arm gewond.
https://www.citizen.co.za/review-online/257332/tom-burke-plaasaanval-twee-dood-een-ernstig-gewond/
Die eienaar van die plaas, Nico Solomon, se seun Charlie was ook tydens die plaasaanval beseer.
Sakkie Lourens, Direkteur van die Heritage Protection Group (HPG) sê die verdagte is Dinsdag in die Makotopong-nedersetting buite Polokwane gearresteer.
“Ons het beslag gelê op ‘n 9 mm pistool, ammunisie, messe en selfone. Die verdagte word positief verbind met die moord en aanval. Die saak word verder deur die polisie ondersoek.”
redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za



