NewsSchools
Osieteddies bied voorskou van hul doen en late aan kleuters, ouers
Kleuters wat volgende jaar moontlik deel van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum is, het Saterdag tydens die skool se opedag ‘n goeie voorsmakie gekry van wat op hulle wag. Die kleinspan en hul ouers is deur leerkragte ontvang en op ‘n toer deur die skoolterrein geneem. Verteenwoordigers van buite-kurrikulêre instansies het ouers ingelig oor ekstra aktiwiteite wat vir …

Kleuters wat volgende jaar moontlik deel van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum is, het Saterdag tydens die skool se opedag ‘n goeie voorsmakie gekry van wat op hulle wag.
Die kleinspan en hul ouers is deur leerkragte ontvang en op ‘n toer deur die skoolterrein geneem. Verteenwoordigers van buite-kurrikulêre instansies het ouers ingelig oor ekstra aktiwiteite wat vir kleuters beskikbaar is.
Die speelpark het veral groot aftrek gekry en kleuters kon na hartelus inkleur en selfs blomme van koekies, versiersuiker en
lekkergoed maak.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com




At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



