Local sportNewsSchoolsSport

Bosveld Intervarsity oor die jare

16 Junie is weer Bosveld Intervarsity tyd

POLOKWANE – Die ontstaan van die benaming Bosveld Intervarsity het in 1981 geskied toe die destydse skoolhoof, Ferdie Preller, in 1980 aangestel is. Die kragmeting tussen Hoër Tegniese Skool Tom Naudé en Hoërskool Pietersburg het letterlik duisende toeskouers gelok soos by die intervarsities tussen universiteite. Preller sê hy het grappenderwys gesê dat die kragmeting tussen dié twee skole die Bosveld Intervarsity genoem kan word. Die voorstel het byval by ieder en lk gevind en so leef die mooi tradisie vandag nog voort. Sedert 1977-1997 het die twee spanne 27 keer teen mekaar te staan gekom. Tom Naudé het 14 van die westryde gewen, PHS het 11 gewen en twee wedstryde het gelykop geëindig.

Die kampioene van elke jaar:

• 1977: Tom Naudé wen 25-10.

• 1978: PHS wen 13-0.

• 1979: PHS wen 25-18 (eerste liga).

Tom Naudé wen 6-3 (tweede liga).

• 1981: Tom Naudé en PHS speel gelykop 10 elk (eerste liga).

• Tom Naudé wen 27-10 (tweede liga).

• 1982: Tom Naudé wen 13-10 (daar was 6 000 toeskouers tydens dié wedstryd).

• 1983: Tom Naudé wen 15-10.

Tom Naudé wen 31-13 (Verre-Noordfinaal).

• 1984: PHS wen 22-14.

PHS wen 24-7 (Verre-Noordfinaal).

• 1985: PHS wen 10-9.

Tydens hierdie naelbytwedstryd was Piet Holtzhausen, huidige hoof van Tom Naudé en Flip de Bruin die afrigters.

• Tom Naudé wen vyf agtereenvolgende jare vanaf 1986-1990.

• PHS wen daarna ses agtereenvolgende jare vanaf 1991-1996.

• 1997 Tom Naudé wen 10-8.

• 1998 PHS wen 15-13 (Die rustydtelling was 13-12 in Tom Naudé se guns).

• 2002 Tom Naudé wen 20-14.

Onder leiding van afrigters Danie Roux en Callie van der Walt word Tommies se bosveldrugbydroogte gebreek.

• PHS wen beide 2003 en 2004.

• Van 2005-2015 vind daar geen Bosveld Intervarsity plaas nie.

• PHS wen beide 2016 en 2017.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button