Local sportNewsSchoolsSport

PLS troon uit as Limpopo én ligawenners

Laerskool Pietersburg (PLS) het gewys dat hulle nie terugstaan wanneer dit by 'n uitdaging kom nie.

POLOKWANE – Op Saterdag, 17 Junie, het die skool se eersterugbyspan in die Limpopofinaal teen Laerskool Thabazimbi te staan gekom en gewys wat in hulle steek.

PLS het nie op hulle laat wag nie en baie gou die eerste punte op die bord gesit.

Die skool het die tuisskool nie toegelaat om deur hul verdediging te kom nie en ook nie om punte aan te teken nie.

PLS se eerstespan spog daarmee dat hulle vanjaar 14 uit die 18 wedstryde gewen het wat hulle gespeel het.

Uitslae in die groot wedstryde:

• PLS klop Noordskool 22-17.

• PLS klop Louis Trichard 26-0.

• PLS klop Tzaneen 26-24.

• PLS klop Oosskool 13-7.

• In die semi-finaal van die grootskoleliga klop PLS Laerskool Bosveld 22-10 en die wedstryd word stopgesit agt minute voor die finale tyd omdat die telling te groot was om in te haal.

• In die finaal van die grootskoleliga klop PLS Laerskool Thabazimbi 40-0 en die wedstryd word 12 minute vroeër gestop.

PLS tree dus uit as die Limpopo grootskolewenners vir 2018.

 

riana@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button