Local NewsNews

Club 21 leer sentrum vir downsindroomlyers open sy deure

Mokopane se Downsindroomlyers (DS) kry nou ondderig by 'n skool wat ingestel is op hulle unieke behoeftes.

MOKOPANE – Club 21 is ‘n nie-winsgewende leersentrum vir kinders wat Downsindroom het. Die sentrum wat sy deure op Woensdag, 18 Julie, geopen het, is begin deur Izelle Els, ‘n mamma van ‘n DS-Seun in Pretoria. Els het agtien jaar terug die eerste Club 21 gestig weens die afwesigheid van onderrig vir kinders met DS in Suid-Afrika.

Leerders van Club 21 Charlie Booysen, Jeandre Roos, Erwald Schoeman, Lehutjo Seoloane en Zandrie Botha saam Charlotte Steele, (Club 21 Skoolhoof).

Els sê:”Ek het geweet my seun en ander kinders met DS kan vordering toon in ‘n omgewing wat gefokus is op hul spesifieke behoeftes en leervermoëns.” Volgens Els is Club 21 ‘n Christengesentreerde, nie-winsgewende leer sentrum wat ‘n alternatiewe onderwysoplossing vir kinders met DS bied en is sy baie opgewonde oor Club 21 Mokopane Leersentrum. “Die skool bied ‘n gevestigde en bewese kurrikulum vir kinders met DS saam met gereelde terapie, klein klasgroottes met opgeleide volwassenes. Die skool bied ook ander geleenthede vir groei en ontwikkeling soos musiekklasse, opvoedkundige uitstappies en bloodstelling aan sportaktiwiteite.”

Els sê sy is dankbaar om te sien hoe die gemeenskap en ouers die skool ondersteun. “Ek weet die Here se seën is hier en dat die skool van krag tot krag sal groei. Net soos wat die Here sê: ‘Laat die kindertjies na my toe kom,’ so weet ons niks kan ons skei van Sy liefde nie. Niks gaan Club 21 skei van die seën en die liefde wat die Here op die skool sit nie.”

Jeandre Roos , Erwald Schoeman, Carmi Schoeman en Danika Botes sit hier by Rinandia Schoeman.

Charlotte Steele, Skoolhoof van Club 21 Mokopane, vertel nadat haar man, Jimmy Steele die nuwe skoolhoof van Hoërskool Piet Potgieter geword het, het hulle hier kom nesskrop. “Ek wou hier op ons nuwe dorp graag iets sinvol doen, iets wat ‘n verskil in mense se lewe maak. Dit was ‘n gebedsaak en die deure na Club 21 het op die regte tyd oopgegaan. Wat ‘n reis sover, vandag maak ons Club 21 se deur oop na die nuwe skool met vyf leerders en glo ek sal ons net groei. Ek glo dit is ‘n nuwe begin na groter dinge.”

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button