Local NewsNews

Wil jy gesond eet? Volg dié ‘reënboog’

Review het met Christopher Combrink, gemeenskapsmobiliseerder by KANSA, gaan aanklop vir raad oor gesonde etes.

POLOKWANE – Om te eet is ‘n noodsaaklikheid en nie ‘n luukse nie, en soveel mense dink dat as dit kos is, of selfs net eetbaar, dan kan dit nie skade doen nie.

Tog bepaal jou dieet nie net jou gewig- en energievlakke nie, maar ook jou algemene gesondheid.

Daar is talle wanpersepsies oor verskillende kosse.

Review het met Christopher Combrink, gemeenskapsmobiliseerder by KANSA, gaan aanklop vir raad oor gesonde etes.

Lees ook: 800 vetkoeke for Willow Tree

“‘n Mens moet elke dag genoeg vars groente en vrugte eet. Kansa stel voor ten minste vyf porsies. Die vrugte en groente wat jy eet moet van ‘n groot verskeidenheid wees en verskillende kleure hê aangesien mens dan verskillende voedingstowwe inkry. Eet ook drie maaltye ‘n dag en eet jou gunsteling vrug as versnapering.”

Hy raai aan dat lesers meer vesel eet soos volgraanbrood, hawermout, bone en die skille van vrugte en groente.

“Beperk jou inname van rooivleis en eet eerder vis, hoender, lensies en sojaprodukte. Vermy vetterige kosse, asook kos met te veel suiker en sout. Gemorskos bevat baie hiervan. Kies lae-vet melk, kaasprodukte en jogurt asook laetransvet margarien en olie. Kansa onderskryf Canola Olie as ‘n gesonde keuse.”

Nie alle kos kan rou geëet word nie en dus gee Christopher ook raad oor gaarmaak.

“Vrugte en groente kan rou geëet word en alternatiewelik kan jy jou kos gaar, stoom of bak. Probeer om jou kos nie in vet te bak, te braai of rooster nie, en moenie gebruikte olie hergebruik nie.”

Hy raai aan om, indien jy jou kos wel wil braai, dit tot twee maal ‘n week te beperk en die rooster 12 cm bo die kole te hou. Vet moet afgesny word en foelie kan ook gebruik word om kos in te braai. Moenie gebrande kos eet nie.

“Vervang sout met vars kruie en speserye.”

Raad ook vloeistofinname:

• Drink twee tot drie liter vloeistof per dag, waarvan 50% skoon water is.

• Beperk alkoholinname of vermy dit in geheel.

• Vermy gaskoeldrank aangesien dit versoet is.

• Drink tee, verkieslik rooibostee.

• Kies sap wat nie kunsmatig versoet is nie.

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button