BusinessNews

‘Ekonomie gaan nie oor grafieke en syfers nie, maar oor mense’ – Dawie Roodt

Dawie Roodt, bekende ekonoom, het verlede Donderdag sy kennis en advies oor die ekonomie, aandele en beleggings met gaste tydens ‘n inligtingsaand by Hoërskool Pietersburg gedeel. Die geleentheid is deur die skool se ekonomie en bestuurswetenskappe-departement georganiseer. “Aandele is ‘n tema in die graad 11-leerders se sillabus en daarom het ons dit goed gedink om …

Dawie Roodt, bekende ekonoom, het verlede Donderdag sy kennis en advies oor die ekonomie, aandele en beleggings met gaste tydens ‘n inligtingsaand by Hoërskool Pietersburg gedeel.
Die geleentheid is deur die skool se ekonomie en bestuurswetenskappe-departement georganiseer. “Aandele is ‘n tema in die graad 11-leerders se sillabus en daarom het ons dit goed gedink om vir Roodt te nader. As oud-Pietie is hy baie lief vir ons leerders en altyd gretig om sy kennis met ons te deel,” sê ekonomie-leerkrag, Wilna Potgieter.
Roodt sê ekonomie gaan nie oor grafieke en syfers nie, maar oor mense en dat grafieke en syfers daar is om mense beter te verstaan.
Hy het na Suid-Afrika se ekonomie verwys en gesê die Zuma-administrasie het byna onherstelbare skade aan die land aangerig.
“Eskom, Passenger Rail Agency of South Africa (Prasa) en South African Airways (SAA) is finansieel gedestruktureer. Tans is een van die grootste probleme in Suid-Afrika dat die staatsdiens grootliks wanfunksioneel is – te veel staatsamptenare wat te min doen vir groot salarisse. Die staat se skuld is gelykstaande aan 55% van die ekonomie en het die afgelope tien jaar meer as verdubbel. Die staat het reeds BTW vermeerder om meer geld in te vorder om hul skuld te betaal, maar dit is nie genoeg nie en ons verwag dat belasting in die toekoms verder sal styg,” sê Roodt.
Roodt het gaste aangemoedig om in hul eie vaardighede, loopbane of besighede te belê en beleggings te diversifiseer. “Verstaan waarin jy belê en met wie jy besigheid doen. As jy beleggings op die finansiële markte het en dit daal, maak vrede daarmee en verstaan die risiko’s.”
Sy advies aan leerders was: “Pak iets aan wat jy dink jy nie kan doen nie. Bevorder jou vaardighede, veral lees en skryf en waak teen oororganisasie – jy hoef nie jou lewe haarfyn te beplan nie.”

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button