Uitspraak vandag in Wiers-moordsaak, sê regter
D-dag breek vandag aan vir die beskuldigde in die Tanya Wiers-moordverhoor, Frans Maela.
POLOKWANE – Die saak was die afgelope twee weke in die Polokwane Hooggeregshof aangehoor.
Lees meer: Wiers-moordsaak hervat: Rolf hoop vir geregtigheid (klank)
Nadat die laaste getuie vir die staat Woensdag sy getuienis gelewer het, het prokureur William Kovani die beskuldigde na die getuiebank geroep.
Maela het volgehou dat die staat se getuienis versinsels was en dat die bewyse teen hom, geplant is.
Lees meer: Bloed ‘oral’ in Wiers-huis, hoor hof
Donderdagoggend, sowat ‘n halfuur nadat die verrigtinge in die hof begin het, het advokaat David Sebelebele sy ondervraging voltooi en kon die slotbetoë begin.
Dié is reeds voor middagete afgehandel en Regter Gerrit Muller het aangekondig dat uitspraak vandag gaan plaasvind.
Tanya se ouers sal ook teenwoordig wees.
Rolf, haar man, het aan Review gesê die gesin vra bloot dat geregtigheid geskied.
“Ek glo die regter het al die nodige bewyse. Die tyd is nie vir ons maklik nie en die kanse dat ek hom gaan vergewe, is min. Ons wag in spanning vir ‘n antwoord. Wat ook al na ons kant toe kom, sal ons aanvaar.”
Lees meer: ‘Mamma, ek verlang na jou’




