Local NewsNews

Eerbaarheid Francois Goosen se besigheids resep

'n Naam wat hom vooruitloop as gesoute besigheidsman, 'n bedrewe gholfspeler en opregte familieman.

POLOKWANE -Francois Goosen, mede-prinsipaal van Theo Goosen Eiendomme sê die geheim van sy sukses is eerbare besigheid.

Sy pa, Theo en hy deel meer as 80 jaar se gedeelde vernuf wanneer dit kom by die eiendomsbedryf.

“Ons doen al besigheid sedert 1960. Die resep is om dit eerbaar te doen.”

Die gholfbaan is beslis waar besigheid tel, meen hy.

“Enige suksesvolle besigheidspersoon moet ten minste eenmaal ‘n maand saam met kollegas gaan gholfspeel. Gholf is ‘n eerbare sport en dit gaan goed saam met besigheid.”

Hy gesels ook oor verwikkelinge en uitdagings in die eiendomsmark.

“Die koop en verkoop veral van eiendom word soms gekompliseer deur die regering se reëls en regulasies. Elke jaar is daar nuwe dinge. Jy moet amper iemand kry wat voltyds besig is, net met die wetlike aspekte daarvan en heeltyd dinge opdateer. Anders gaan jy jou vasloop,” vertel Goosen.

Dit is egter steeds moontlik om kop bo water te hou in ‘n bedryf wat baie mededingend is, gee hy raad.

Hy vertel dat kollegas wat internasionale kontakte het baie meer voordeel geniet, maar hoe ‘n persoon sake doen vir hom die meeste getel het oor die afgelope 30 jaar.

Mense wat saam met hom werk beskryf hom as ‘n diplomatiese man wat kwaliks iets slegs oor ‘n ander te sê het.

Self glo hy ‘n mens moet altyd positief bly in alles wat jy aanpak, “want dit wat jy insit gaan wees wat jy uitkry.”

Hy raai aan dat kopers sekermaak oor wat hulle koop en moet naslaan oor die persone wat die eiendom aan hulle verkoop, aangesien “kortpadvat” deel geraak het van die bedryf.

Ondanks ‘n druk program maak dié gesoute sakeman ook gereeld tyd vir vriende en familie.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or send us a message on WhatsApp 079 418 4404

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button