Cynthia se dierehart klop pure diere-genot
Diereliefhebbers wat gebruik maak van die Mollie Hawken Animal Clinic, is vanaf Maandag, 3 Junie deur 'n nuwe gesig gegroet. Cynthia Terblanche het die leisels by die vriendelike en hulpvaardige Chantelle-Louise Watson oorgevat.
POLOKWANE – “Hierdie is ‘n bestemming. Ek was vir ses maande sonder werk en letterlik na honderde onderhoude toe. Ek en Selma Landman, die DBV se bestuurder, is vriende en ek het vir haar gevra of daar nie iewers by die DBV iets is wat ek kan doen nie. Sy het my vertel van die ontvangsdame-pos by die kliniek en ek het aansoek gedoen.”
You might also want to read: Here’s how you can adopt from the SPCA
Cynthia vertel sy en haar familie het al van tevore skenkings vir die DBV gemaak. Alhoewel sy vir 10 jaar lank met mense gewerk het, het sy tog ‘n hart vir diere het.
“Ons het ‘n hond, Dexter en twee katte, Daisy en Kai. Ek het nooit gedink dat ek met diere sal werk nie, maar tot dusver geniet ek dit vreeslik.”
Op haar eerste dag het Cynthia te doen gehad met hartseer gevalle, soos waar diere uitgesit moet word. Daar was darem ook vrolike oomblike, soos toe sy saam met Selma na die hokke toe is om na die honde te gaan kyk.
“Ek het al so baie geleer, maar beoog om sommer nog baie te leer. Irene Kekana help my so mooi. Sy sê vir my watter pille om vir watter siektes te gee.
Ek hou daarvan om nuwe dinge te leer. Dalk sal ek eendag bystaan as dr. Johann Erlank een van die diere steriliseer.”




