Local NewsNews

[VIDEO] SAVF Martha Hofmeyr: Oud maar nog lank nie koud

Inwoners en personeel het die #JerusalemaDanceChallenge aangepak nadat hulle aan verskeie kompetisies deelgeneem het.

POLOKWANE – Die klanke van bekende treffers soos Maria se Clap your hands, stamp your feet kon vanoggend vanuit SAVF Martha Hofmeyr se saal gehoor word.

Inwoners het aan verskeie kompetisies; dans, sang, voorlesing en kuns, deelgeneem en daar was hope pret vir almal. Boude was geskud, hande was geklap en inwoners en personeel het vrolik saamgesing.

Die bekende #JerusalemaDanceChallenge was ook deur drie van die inwoners en sommige personeel aangedurf.

Twee inwoners, Hannie Venter en Albert Malahlela het gedigte opgesê terwyl die musiek feitlik almal in die saal se voete laat beweeg het.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.

Related Articles

Back to top button