Local NewsNews

Elandi Dokter sterk tuis aan, neem eerste tree

Elandi was op Sondag, 18 Oktober ernstig in 'n motorongeluk beseer.

POLOKWANE – Na 18 dae in die hospitaal stap Elandi Dokter (33) met slegs ‘n gebreekte arm en gekraakte werwels as herinnering daar uit. Elandi was op Sondag, 18 Oktober in ‘n motorongeluk betrokke toe sy van Lephalale op pad terug na Polokwane was.

Sy is na die Life Wilgers Hospitaal geneem waar sy in die intensiewe sorgeenheid opgeneem is. Sy sterk tans tuis aan onder die sorg van haar ma, aangesien sy nie alleen mag wees nie.

Haar suster, Martinet de Bruyn, sê die pad van herstel lê nou voor. “Sy is steeds redelik swak en raak baie vinnig moeg, maar ten minste is sy uit die hospitaal uit en raak gesond. Sy wil so gou as moontlik terugkom by die werk en terugkeer na normaliteit. Ons is maar net elke dag dankbaar sy lewe.”

Tydens die ongeluk het Elandi, wat ‘n diereverpleegkundige by Wolkberg Dierekliniek is, haar arm op twee plekke gebreek asook drie ribbes en twee nekwerwels. Op Vrydag, 23 Oktober, het die mediese personeel begin om Elandi wakker te maak, maar aangesien sy onder diep sedasie was, sou dit ‘n paar dae neem voor sy heeltemal bewus van haar omgewing is.

Die ventilator is later baie laag gestel en Elandi het goed op haar eie begin asemhaal, maar teen Saterdag, 24 Oktober, het Martinet ‘n boodskap uitgestuur om te sê Elandi is terug onder sedasie. “Die rede hiervoor is dat sy vreeslik skop en die personeel bekommerd is dat Elandi haarself verder gaan beseer.”

Elandi het weer op Donderdag, 26 Oktober haar oë oopgemaak en gereageer op die stimuli rondom haar. Van hier af het sy vinnig verbeter en alhoewel die pyn na ‘n sessie by die fisioterapeut nie lekker was nie, het sy deurgedruk en haar eerste tree op Vrydag, 6 November gegee.

Sy dra nog ‘n nek- en rugstut aangesien haar werwels steeds gekraak is. Sy is ontslaan en in die sorg van haar ma gesit. “Ons kan nie genoeg dankie sê vir almal se bystand en ondersteuning nie. Dankie vir elke gebed, boodskap en finansiële bydrae. Julle het ons gedra.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Ruan de Ridder

A digital support specialist at Caxton Local Media, known for his contributions to the digital landscape. He has covered major stories, including the Moti kidnappings, and edits and curates news of national importance from over 50 Caxton Local News sites.

Related Articles

Back to top button