Kyk uit vir die volgende Dorsmasjien vlooimark in Oktober
Die Dorsmasjien vlooimark is Saterdag vir die eerste keer aangebied en 23 uitstallers het die geleentheid gebruik om hul produkte aan die publiek bekend te stel.
23POLOKWANE – ‘n Vlooimark is deur springkastele en vermaak vir die jongklomp gekenmerk terwyl ander besoekers deur ‘n verskeidenheid van stalletjies kon stap, musiek geniet en selfs aan ‘n bierdrink- en armdrukkompetisie kon deelneem.
Eienaar van Die Dorsmasjien, Henry Moolman sê hulle vra geen fooi vir entrepreneurs om hul produkte uit te stal nie. “Gratis uitstalruimte sorg vir ‘n groter mark en verskeidenheid van produkte. Ons het ook ‘n potjiekoskompetisie aangebied. Tydens toekomstige markte sal die tipe kompetisies verander om dit interessant en meer aanloklik vir die publiek te maak.” sê Henry.
Die Dorsmasjien vlooimark is iets waarna inwoners op ‘n maandelikse basis kan uitsien. Die volgende mark vind op 16 Oktober plaas.
Sien foto’s van dié dag:









