Local NewsNews
Bernina Polokwane gereed vir ‘n bedrywige naaldwerkjaar
Bernina Polokwane sien uit daarna om 'n besige naaldwerkjaar te hê, soos bekendgemaak gedurende 'n damesoggend verlede Vrydag.

POLOKWANE – Die Bernina Kwilt-groep kom een keer ‘n maand by die winkel in Savannah Winkelsentrum bymekaar, waar daar raad gegee en saam gekuier word.
Op dié dae word daar ook aan die Bernina borduur jaarprojek gewerk.
Die tema vir vanjaar se projek is Wandering through, making memories one stitch at a time.
Die Bernina Klub 2022 Made to Create vind ook een keer ‘n maand plaas en verskillende tegnieke en voet demonstrasies word behartig.


Tydens die damesoggend is items wat verlede jaar tydens die klasse gemaak is, ten toon gestel.
“Enigiemand is welkom om deel van ons gesellighede te word. Ons maak van handsakke tot bere, elwe en komberse,” vertel Bernina Polokwane eienaar Hester Engelbrecht.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.