Local NewsNews

Eeufeeshuis vier dag van liefde

By Eeufeeshuis word inwoners dikwels nie deur geliefdes bederf nie, maar gelukkig wel deur die personeel of mense in die gemeenskap.

POLOKWANE – Spesiale dae soos Valentynsdag, Moedersdag en Vadersdag is ‘n geleentheid vir mense om hulle geliefdes te bederf.

By Eeufeeshuis word inwoners dikwels nie deur geliefdes bederf nie, maar gelukkig wel deur die personeel of mense in die gemeenskap. Die inwoners en personeel het dus op Maandag, wat Valentynsdag was, die geleentheid gebruik om hulle mooiste rooi klere aan te trek en by die werkswinkel aan te meld. Elke inwoner was genooi vir die Valentynspartytjie en niemand het hiérdie geleentheid vir pret misgeloop nie.

Slide 1 |

Loffie van Dyk geniet die speletjies. Regs: Annelien du Toit kry ‘n drukkie van George Honeyball.
Slide 2 |

Ruth Kekana, Eva Mafishi en Mahlatse Ramadikela is getooi in rooi vir liefde.
Slide 3 |

Francois en Gerna Theron hou ‘n ogie op die dansers.

    Die werkswinkel word gebruik deur die inwoners en dagbesoekers om kreatiewe aktiwiteite aan te pak, en elke dag kom almal hier bymekaar vir handwerk en lekker geselskap.

    Maandag was egter spesiaal en in plaas van werk, het die inwoners saam gekuier, gedans en speletjies gespeel.

    Karen Hendricks en Hannes Joubert kuier saam by die pretdag.

    “Die speletjies het gewissel van bal balans aktiwiteite, touspring-kompetisies en musical chairs,” vertel Rita Groenewald, die persoonlike assistent van die APD direkteur. Met uitbundige lagbuie en vrolike krete het die inwoners deelgeneem aan al die aktiwiteite. Elkeen het ook ‘n kolwyntjie as bederf ontvang waaraan hulle heerlik gesmul het.

    For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

    At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

    Support local journalism

    Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

    Related Articles

    Back to top button