Local NewsNews

Nataniël neem inwoners op reis

Nataniël se aanhangers in Polokwane het hom met 'n groot handeklap verwelkom toe hy in sy goue baadjie op Hoërskool Pietersburg se verhoog uitgestap het.

POLOKWANE – Met sy pittige sê-goed het hy van sy grootwordjare by sy ouma in Wellington vertel. Hy het die gehoor vertel van sy eerste kar wat hy op universiteit gekry het en hoe hy twee en ‘n halwe ure gery het na Wellington wat net 20 minute weg was. Hierna het hy die gehoor op ‘n kleurvolle rit geneem deur Wellington se hoofstraat waar ‘n liefdestoring in die winkel opgerig was, met ‘n jong man se arm onder vasgepen.

Tussen sy staaltjies het hy die gehoor vermaak met sy musiek en het liedjies soos I could make you happy, make your dreams come true gesing.

Hy los die gehoor met ‘n paar wyshede:

1. Wys positiwiteit.

2. Wees hoflik.

3. Behou die higiëne wat jy in die grendeltyd aangeleer het.

4. Wees verdraagsaam.

5. Wees geduldig.

Een van die toeskouers, Marieta Janse van Rensburg, sê sy het baie uitgesien na Nataniël se besoek. “Dit was definitief die moeite werd. Ek het so lekker gelag.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button