Local NewsNews

Deon nóú aan die stuur van die gholfklub

Terwyl gholfspelers hulle vernuf op die gholfbaan wys of iets koel by die kroeg geniet, is Deon Oosthuizen hard aan die werk in sy nuwe pos.

POLOKWANE – Oosthuizen is onlangs as bestuurder van Polokwane Gholfklub aangestel, en alhoewel hy nog in sy drie-maande proeftyd is, is daar reeds veranderinge in en om die klub sigbaar.

“Ek speel nie gholf nie, maar ek het baie bestuursagtergrond. Ek het ‘n Alzheimer en Dimensie kliniek bestuur en was vyf jaar by Copperleaf Estate. Net voor die grendeltyd het ek by Benvenuto gewerk en daarna was ek bestuurder op plase in Limpopo.”

Deon het van die pos by die gholfklub te hore gekom en aansoek gedoen, waarna hy vir ‘n proeftyd aangestel was wat tot einde Mei verleng is. Hy is nie die tipe mens wat in die kantoor sit terwyl die personeel werk nie, en mens sal hom dikwels agter die kroeg, onder die afdak en op die baan kry.

“Ek is verantwoordelik vir die dag-tot-dag take by die klub, asook die oriëntasie en implementasie van sisteme. Ons moet die sisteme van voor af opstel en begin gebruik, en ons moet ook beter voorraadbeheer toepas. Op die stadium identifiseer ek probleme en lei die personeel op. Ek hou daarvan om met die personeel te werk en so te sien waar daar probleme is.”

Deon het nie vasgestelde ure wat hy werk nie, maar sy werk is vir hom so lekker dat hy selfs op Sondae by die klub is. Sy beplanning vir die klub is om dit die beste in die land te maak, en begin by ‘n deli waar spelers en hulle families ‘n ete kan nuttig. Later sal daar aandag gegee word aan die tuine en sandkuile.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

 
Back to top button