Local NewsNews

Lucky Paws ‘Cheerz’ op welkome donasie

Dirk Liebenberg, die eienaar by Cheerz Pub & Grill, het sy steun aan die nie-winsgewende organisasie, Lucky Paws Rescue, gewys.

POLOKWANE – In Polokwane is daar ‘n gemeenskap wie se troeteldiere vir hulle soos kinders is.

Ongelukkig moet hierdie ‘kinders’ dikwels by die huis bly terwyl ma en pa gaan uiteet of inkopies doen. Dirk Liebenberg, die eienaar by Cheerz Pub & Grill, het aan die perfekte oplossing gedink deur sy kuierplek ‘n hond-vriendelike omgewing te maak. Hy het ook besluit om die nie-winsgewende organisasie, Lucky Paws Rescue, te ondersteun.

“Ek en Thys die Bosveldklong is goeie vriende en ek het hom genooi om by Cheerz op te tree. Ek het ook besluit om R5 000 aan Lucky Paws te skenk. Daar is ‘n houer spesiaal vir hulle gemaak waarin mense wat die kroeg besoek, geld kan insit.”

Lucky Paws beywer hulle met die verspreiding van hondekos aan die mense wat dit nie kan bekostig nie. Die organisasie keur ook mense vir ‘n subsidie om hulle diere te steriliseer.

“Cheerz se donasie is baie welkom en ons gaan dit aanwend om kos vir die diere te koop. Ons is baie dankbaar vir almal wat bygedra het,” sê Tania le Roux, een van die stigterslede van Lucky Paws.

Alhoewel Liebenberg se hart eintlik by bejaardes lê, sê hy dit is vir hom ‘n voorreg om ook die diere in die gemeenskap te kan help. “Ek beoog om baie kompetisies te hou en so geld in te samel vir bejaardes en diere. Mense wat Cheerz in die vervolg besoek kan steeds geld skenk aan Lucky Paws en hulle honde bring vir ‘n happie vanaf hulle eie spyskaart.”

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button