Kleuters gaan op reis deur Suid-Afrika
Die kleuters van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum het besluit om dié jaar die land beter te verken tydens hulle konsert.
POLOKWANE – Kleuters van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum en hulle ouers was die naweek op ‘n treinrit deur Suid-Afrika.
Dit was tyd vir die teddies se jaarlikse konsert en mammas, pappas, oumas en oupas kon saam met hulle die land verken.
Die kleuters het die Kruger Nasionale Park verken asook die volstruisbedryf in Oudtshoorn.
Sien ook: FOTO’S: Osieteddies Tjoeke-paf deur die land
Hulle het ook op die plaas, met al sy interessante diere, gaan kuier en saam met Heidi en Peter in die berge gespeel.
Saam het hulle in die Weskaap gaan draai waar hulle saam met die Kaapse klopse kon dans.
Die vertoning is afgesluit met die sing van Gat in die grond.




