Local News

Tuks Mokopane Swemklub swemmers blink uit in die water

Talle swemmers van oral in die provinsie het onlangs in Tzaneen mekaar die stryd aangesê tydens die Limpopo Swemkampioenskappe.

MOKOPANE – NUWE rekords, trofeë en talle medaljes het ingestroom vir die swemmers van Tuks Mokopane Swemklub wat vanaf 2-4 Desember aan die Limpopo Swemkampioenskappe deelgeneem het.

Altesaam 25 swemmers het die water aangedurf by die munisipale swembad in Tzaneen.

Tydens hierdie kampioenskappe het die swemmers hulle beste gegee om te kwalifiseer vir die SA-vlak tye.

Marnus Truter het ‘n nuwe rekord opgestel in die 200m borsslag en is aangewys as die Junior Victor Ludorum.

Carmi Schoeman het ook ‘n nuwe rekord opgestel in die 200m wisselslag.

Wouter Venter ontvang die Starfish Victor Ludorum-toekenning.

Avah Smit is aangewys as die beste vroue swemmer volgens die Hy-Tek punte tabel en ontvang ook die Starfishtoekenning vir haar 100m borsslag.

 

Uitblinkers:

• Emma-Lee Claassen (dogters 8 jaar): Eerste in die 50m en 100m rugslag, tweede in die 50m borsslag en derde in die 200m wisselslag. Sy ontvang ‘n vierde plek in die 100m borsslag, vyfde plek in die 50m vlinderslag en sesde in die 50m vryslag.

• Marné Truter (dogters 8 jaar): Sesde plek in die 200m wisselslag, agtste in 50m borsslag, rugslag en vryslag. Sy kom negende in die 100m rugslag en vryslag asook 10de in die 100m borsslag en 50m vlinderslag.

• Dries Roodt (seuns 8 jaar en onder): 17de in die 50m rugslag en 20ste in die 50m borsslag.

• Xander Engelbrecht (seuns 9 jaar): Tweede in die 200m vryslag, 100m vryslag, 50m rugslag, 200m rugslag. Vierde in die 100m rugslag, 200m wisselslag en 200m borsslag. Sewende in 50m vlinderslag en 50m vryslag asook ‘n negende plek in 50m borsslag.

• Shaun Teich (seuns 10 jaar): Eerste in die 200m vryslag, 50m borsslag, 100m vryslag, 100m borsslag, 100m vlinderslag, 200m wisselslag en 200m borsslag. Hy behaal ‘n tweede plek in 100m rugslag, 50m rugslag, 200m rugslag, 50m vlinderslag, 50m vryslag.

• Kinique De Agrella (dogters 10 jaar): Eerste in 100m rugslag, 100m borsslag, 100m vlinderslag, 200m wisselslag, 50m rugslag, 200m rugslag, 200m borsslag. Tweede in 200m vryslag en derde in 50m borsslag, 100m vryslag en 50m vryslag. Vierde in 50m vlinderslag.

• Mamoso Ramokgopa (dogters 9 jaar): Vyfde in 100m Borsslag, sesde in die 100m rugslag. Agste in 50m borsslag en 50m rugslag. Negende in 50m vlinderslag. Dertiende in 100m vryslag en 50m vryslag.

• Luan Venter (seuns 9 jaar): Eerste in 50m borsslag en 50m vlinderslag. Tweede in die 100m rugslag, 100m borsslag en 200m borsslag. Derde in 50m rugslag en vierde in 200m rugslag. Vyfde in 200m wisselslag en sesde in 50m Vryslag. Agtste in 200m vryslag en 100m vryslag.

• Ruan Turvey (seuns 10 jaar): Eerste in 100m rugslag, 50m rugslag, 200m rugslag, 50m vlinderslag, 50m vryslag. Tweede in 200m vryslag en 200m wisselslag. Derde in 50m borsslag, 100m vryslag, 100m borsslag en 200m borsslag. Hy kom ook sewende in die 400m vryslag.

• Petri Grobler (seuns 12 jaar): Eerste in die 200m vryslag, 50m rugslag, 200m rugslag, 50m vryslag. Hy behaal tweede plek in 100m rugslag, 100m vryslag, 100m borsslag, 200m borsslag. Derde in 50m borsslag en 200m wisselslag. Vyfde in die 100m vlinderslag en 50m vlinderslag.

• Micke Prinsloo (dogters 13 jaar): Derde in 50m borsslag, vyfde in 100m borsslag en 200m borsslag. Sewende in 200m wisselslag, agste in 200m vryslag en negende in die 50m rugslag.

• Carla Dannhauser (dogters 13 jaar): Eerste in 100m rugslag en tweede in 50m rugslag. Sy behaal derde in 200m vryslag, 100m vlinderslag, 50m vlinderslag en 50m vryslag. Vierde in 100m vryslag, 200m wisselslag, 200m rugslag. Sewende in 50m borsslag en 200m borsslag. Agtste in 100m borsslag.

• Stephanie Dannhauser (dogters 13 jaar): Eerste plek in 100m vlinderslag en 50m rugslag. Tweede in 50m borsslag, 100m rugslag, 100m borsslag, 200m rugslag, 50m vlinderslag. Derde in 100m vryslag en 200m wisselslag. Vierde in 200m vryslag, 200m borsslag, 50m vryslag.

• Carmi Schoeman (dogters 14 jaar): Eerste in 200m vryslag, 50m borsslag, 100m borsslag, 400m wisselslag. Tweede in 100m rugslag, 100m vlinderslag, 200m wisselslag, 200m borsslag. Derde in 100m vryslag, 50m vlinderslag, 50m vryslag. Vierde in die 50m rugslag.

• Avah Smit (dogters 8 jaar): Eerste in 50m borsslag en 100m borsslag. Tweede in 200m wisselslag en derde in 100m rugslag en 50m rugslag. Vyfde in 50m vryslag, sewende in 100m vryslag en agste in 50m vlinderslag.

• Lenice Lange (dogters 8 jaar): Sewende in 200m wisselslag en agtste in 100m rugslag. Negende in 50m borsslag en 100m borsslag. Tiende in 100m vryslag, 12de in 50m rugslag, 50m vlinderslag en 13de in 50m vryslag.

• Aldo Vorster (seuns 8 jaar en onder): Sewende in 100m rugslag en 12de in 100m vryslag. Derdiende in 50m rugslag, 50m vlinderslag en 18de in 50m vryslag.

• Evan Potgieter (seuns 10 jaar): Tweede in 200m borsslag en derde in 100m rugslag, 200m wisselslag, 50m rugslag. Vierde in 200m vryslag, 50m borsslag, 50m vlinderslag. Vyfde in 100m vryslag, 100m borsslag en 50m vryslag.

•Malan Coetzee (seuns 10 jaar): Derde in 100m vlinderslag en vierde in 100m rugslag. Sesde in 50m borsslag, 100m vryslag en 50m rugslag.

• Jadine Grobler (dogters 9 jaar): Vierde in 50m vlinderslag en vyfde in 100m rugslag, 50m rugslag. Sesde in 50m borsslag, 100m borsslag, 200 wisselslag. Sewende in 100m vryslag, 50m vryslag en 11de in die 200m vryslag.

• Ranti Ramokgopa (seuns 11 jaar): Tweede in 200m borsslag en vierde in 100m rugslag. Sesde in 100m borsslag en 200m wisselslag. Sewende in 50m rugslag en agtste in 50m borsslag. Negende in 100m vryslag en 10de in 50m vlinderslag, 50m vryslag.

• Wouter Venter (seuns 8 jaar en onder): Eerste in 200m wisselslag en tweede in 50m borsslag, 100m rugslag, 100m borsslag. Vyfde in 50m rugslag en sesde in 50m vlinderslag. Agste in 100m vryslag en 12de in 50m Vryslag.

• Marnus Truter (seuns 11 jaar): Hy behaal eerste plek in die 200m vryslag, 100m rugslag, 400m vryslag, 100m vryslag, 100m borsslag, 200m wisselslag, 50m rugslag, 200m rugslag, 50m vlinderslag en ‘n tweede plek in die 50m vryslag.

• Jacques Engelbrecht (seuns 12 jaar): Vierde in 200m borsslag en vyfde in 200m rugslag. Sewende in 100m rugslag en agtste in 200m wisselslag, 50m rugslag. Negende in 50m borsslag, 100m borsslag en 10de in 50m vlinderslag. Elfde plek in die 200m vryslag, 12de in 50m vryslag en 13de in die 100m vryslag.

• Henco Du Toit (seuns 12 jaar): Eerste in 100m rugslag en tweede in 50m rugslag, 200m rugslag. Vierde in 400m vryslag, vyfde in 200m vryslag en sesde in 50m vlinderslag.

For more breaking news follow us on Facebook Twitter Instagram or join our WhatsApp group

Related Articles

 
Back to top button